Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » roofvoël
roofvoël [boodskap #132441] Wed, 29 July 2020 20:59
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Aasvoël, as voorbeeld van 'n roofvoël.
'n Aasvoël, as voorbeeld van 'n roofvoël.
roofvoël
Afbreking: roof•vo•ël
Samestelling: roof + voël


Selfstandige naamwoord: roofvoël
Meervoud: roofvoëls
Verkleinwoord: roofvoëltjie
Meervoud van verkleining: roofvoëltjies

Betekenis:
• 'n Voël wat gewoonlik vleisetend is en tot die Accipitriformes of die Falconiformes behoort.

Gebruik:
Roofvoëls het skerp sintuie wat hulle help om hul prooi op te spoor.

Hiperoniem:
• voël

Hiponiem:
• aasvoël
• wou
• valk
• arend

Vertaling:
Engels: birds of prey, raptor
Nederlands: roofvogel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sandluis
Volgende onderwerp: uitsterf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:34:43 UTC 2025