Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oester
oester [boodskap #132428] Tue, 28 July 2020 13:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Oesters
Oesters
oester
Afbreking: oes•ter


Selfstandige naamwoord: oester
Meervoud: oesters
Verkleinwoord: oestertjie
Meervoud van verkleining: oestertjies

Betekenis:
• Skaaldier, met een plat en een hol skulp wat pêrels vorm, meestal eetbaar, familie Ostreidae.

Gebruik:
Oesters is waterfiltreerders wat tussen vyf en ses liter water per dag filtreer en die filoplankton wat daarin voorkom vreet.

Hiperoniem:
• weekdier

Afgelei:
• oesterbank
• oesterbed
• oesterkultuur
• oesterkweker
• oesterkwekery
• oestermes
• oesterpastei
• oesterplaat
• oestersaad
• oesterskulp
• oestersous
• oesterswael
• oesterswawel
• oesterteelt
• oestervanger
• oestervergiftiging
• oestervisser
• oestervisserye
• oestervurkies

Vertaling:
Engels: oyster
Nederlands: oester

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: seepaling
Volgende onderwerp: paddaman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 13:02:38 UTC 2025