ouerskap [boodskap #132423] |
Tue, 28 July 2020 07:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21012 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ouerskap
Afbreking: ou•er•skap
Samestelling: ouer + -skap
Selfstandige naamwoord: ouerskap
Meervoud: –
Betekenis:
• Die toestand van 'n ouer wees; alles wat met die ouer te maak het.
Gebruik:
• Die boek handel oor 'n vrou wat geboorte aan 'n baba in die tronk gee, en eers dan die pyn en verantwoordelikhede van ouerskap besef.
Vertaling:
Engels: parenthood
Nederlands: ouderschap
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|