heet [boodskap #132392] |
Sun, 26 July 2020 10:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
heet
Afbreking: heet
Byvoeglike naamwoord: heet
Vergrotende trap: heter
Oortreffende trap: heetste
Attributief: hete
Intensief: snikheet, stikheet
Betekenis:
• (deftig) Wat baie warm is; met 'n hoë temperatuur.
• (figuurlik) Vurig en driftig.
Gebruik:
• Vat jou hoed saam, die son is bloedig heet.
• Meisies met rooi hare is heet van aard.
Afgelei:
• heetgebaker
• heetheid
• heethoof
• heethoofdig
Vertaling:
Engels: hot, very warm; hasty
Nederlands: heet
Werkwoord: heet
Verlede tyd: het geheet
Betekenis:
• (deftig) Die naam dra; genoem word.
• Verklaar.
Gebruik:
• Hoe heet jy?
• Ek heet jou hartlik welkom.
Vertaling:
Engels: to name, call
Nederlands: heten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|