skok [boodskap #132390] |
Sun, 26 July 2020 09:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skok
Afbreking: skok
Selfstandige naamwoord: skok
Meervoud: skokke
Verkleinwoord: skokkie
Meervoud van verkleining: skokkies
Betekenis:
• 'n Harde stoot, stamp of rukbeweging.
• 'n Hewige emosionele reaksie wat angs en ontsteltenis veroorsaak.
Gebruik:
• 'n Fabriekswerker is bygebring ná 'n hewige elektriese skok.
• Haar skielike dood was 'n groot skok vir die familie.
Hiponiem:
• kultuurskok
• naskok
Afgelei:
• skokbehandeling
• skokbestand
• skokbreker
Vertaling:
Engels: shock, impact, bounce, jolt; emotion, fright
Nederlands: shock
Werkwoord: skok
Verlede tyd: het geskok
Teenwoordige deelwoord: skokkende
Betekenis:
• Om angs en ontsteltenis te veroorsaak.
• Om te stamp, stoot of te ruk, o.a. soos met 'n elektriese stroom.
Gebruik:
• Ons was geskok toe ons sien hoe die plek agteruitgegaan het.
• Pasop dat die broodrooster jou nie skok nie.
Vertaling:
Engels: to agitate; to shock, shake
Nederlands: shocken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|