aanhits [boodskap #132382] |
Sat, 25 July 2020 20:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanhits
Afbreking: aan•hits
Samestelling: aan + hits
Werkwoord: hits aan, aanhits
Verlede tyd: het aangehits
Betekenis:
• Om iemand tot aksie aan te moedig.
Gebruik:
• Mense wat geweld goedpraat of ander daartoe aanhits moet voor die hof gedaag word.
Sinoniem:
• aanmoedig
• aanpor
• aanspoor
• aanwakker
• aanvuur
• opstook
• opsweep
Afgelei:
• aanhitser
• aanhitsing
Vertaling:
Engels: to egg on, incite
Nederlands: aanhitsen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|