gril [boodskap #132373] |
Sat, 25 July 2020 14:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gril
Afbreking: gril
Selfstandige naamwoord: gril
Meervoud: grille
Verkleinwoord: grilletjie
Meervoud van verkleining: grilletjies
Betekenis:
• 'n Rilling deur die liggaam, soos veroorsaak deur afsku of skielike koue.
• Onredelike of willekeurig gedrag wat gou weer verbygaan.
Gebruik:
• My hare rys en ek voel 'n gril in my nek.
• Moet jou nie aan sy grille steur nie.
Sinoniem:
• bevlieging
• gier
• mode
• nuk
• rilling
• streek
• wispelturigheid
Hiponiem:
• jongmeisiegril
• natuurgril
• modegril
Afgelei:
• grilboek
• grillerig
• grilligheid
• grilprent
• grilroman
• grilverhaal
Vertaling:
Engels: shiver, shudder; caprice, whim, impulse
Nederlands: gril
Werkwoord: gril
Verlede tyd: het gegril
Betekenis:
• Om 'n rilling deur die liggaam te voel.
Gebruik:
• Los dit buite, mamma gril vir die lelike goggas!
Vertaling:
Engels: to shiver, squirm, tremble
Nederlands: grillen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|