| skel [boodskap #132371] |
Sa., 25 Julie 2020 13:07 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24165 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skel
Afbreking: skel
Werkwoord: skel
Verlede tyd: het geskel
Teenwoordige deelwoord: skellend, skellende
Betekenis:
• Om krenkende of beledigende woorde op 'n heftige of ongeskikte toon uit te spreek; slegsê.
Gebruik:
• Daar is niemand wat iets weet nie, niemand wat iets doen nie, niemand wat kan skel nie.
Spreekwoord:
• Donkie skel vir Langoor uit. [Gesê as albei dieselfde fout het.]
Vergelyking:
• Sy skel soos 'n viswyf.
Afgelei:
• skelwoord
• uitskel
Vertaling:
Engels: to curse, swear, insult, scold
Nederlands: schelden
Byvoeglike naamwoord: skel
Vergrotende trap: skeller
Oortreffende trap: skelste
Attributief: skel, skelle
Betekenis:
• Wat 'n skril, skerp geluid maak; 'n hoë en deurdringende klank voortbring.
• Baie sterk; intens; skerp.
Gebruik:
• Die vrou het 'n skel stem.
• Die skel neonligte brand sy oë.
Vertaling:
Engels: sharp, shrill
Nederlands: schel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|