balkon [boodskap #132370] |
Sat, 25 July 2020 12:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
balkon
Afbreking: bal•kon
Selfstandige naamwoord: balkon
Meervoud: balkonne, balkons
Verkleinwoord: balkonnetjie
Meervoud van verkleining: balkonnetjies
Betekenis:
• 'n Uitbouing wat in die lug hang, soos 'n stoep langs 'n hoë venster of hoë sitarea in 'n saal.
Gebruik:
• Die koningin staan op die balkon en waai vir haar onderdane.
Afgelei:
• balkonkamer
• balkonreling
• balkonvenster
Vertaling:
Engels: balcony
Nederlands: balkon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|