Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slaai
slaai [boodskap #132363] Sat, 25 July 2020 10:10
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Slaaikop wat middeldeur gesny is.
'n Slaaikop wat middeldeur gesny is.
Slaai
Slaai
slaai
Afbreking: slaai


Selfstandige naamwoord: slaai
Meervoud: slaaie
Verkleinwoord: slaaitjie
Meervoud van verkleining: slaaitjies

Betekenis:
• Blaargroente, Lactuca sativa.
• 'n Gereg van koue groente en soms 'n slaaisous.

Gebruik:
• Was die slaai voordat jy dit in die borde pak.
Slaai is gesond en mens behoort dit gereeld te eet.

Spreekwoord:
• Hy krap in my slaai. [Iemand in liefdesake of ook andersins benadeel.]

Afgelei:
• aartappelslaai
• beetslaai
• blaarslaai
• drieboneslaai
• mengelslaai
• slaaibak
• slaaiblaar
• slaaikop
• slaailepel
• slaaisous
• vrugteslaai

Vertaling:
Engels: lettuce; salad
Nederlands: sla; salade

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: brandweerman
Volgende onderwerp: pruimedant
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:43:41 UTC 2025