panda [boodskap #132359] |
Sat, 25 July 2020 08:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
panda
Afbreking: pan•da
Selfstandige naamwoord: panda
Meervoud: pandas
Verkleinwoord: pandatjie
Meervoud van verkleining: pandatjies
Betekenis:
• 'n Beeragtige soogdier uit die Himalajagebied, Ailuropoda melanoleuca.
Gebruik:
• Die panda het sy gewildheid te danke aan die feit dat hy soos 'n reusagtige, lewende teddiebeer lyk.
Sinoniem:
• reusepanda
Vertaling:
Engels: panda
Nederlands: panda
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|