veiligheid [boodskap #132353] |
Fri, 24 July 2020 20:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21013 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veiligheid
Afbreking: vei•lig•heid
Samestelling: veilig + -heid
Uitspraak: /ˈfəi̯.ləχˌɦəi̯t/
Selfstandige naamwoord: veiligheid
Meervoud: veilighede
Betekenis:
• Die afwesigheid van gevaar en die aanwesigheid van beskermende maatreëls daarteen.
Gebruik:
• Die polisie is daar om openbare veiligheid te verseker en die publiek teen mense wat die wet oortree te beskerm.
Antoniem:
• gevaar
• onveiligheid
Hiponiem:
• kuberveiligheid
• verkeersveiligheid
Afgelei:
• veiligheidsadviseur
• veiligheidsbril
• veiligheidsdiens
• veiligheidsgordel
• veiligheidshalwe
• veiligheidshek
• veiligheidshelm
• veiligheidsketting
• veiligheidsmaatreël
• veiligheidsnet
• veiligheidsverslag
• veiligheidswet
Vertaling:
Engels: safety, security
Nederlands: veiligheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|