Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » speld
speld [boodskap #132348] Fri, 24 July 2020 19:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21013
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Speldekussing vol spelde.
'n Speldekussing vol spelde.
speld
Afbreking: speld
Uitspraak: /spɛlt/


Selfstandige naamwoord: speld
Meervoud: spelde
Verkleinwoord: speldjie
Meervoud van verkleining: speldjies

Betekenis:
• Klein metaalpennetjie met 'n kop, bedoel om iets vas te steek.

Gebruik:
• Moet nooit bo-oor 'n speld stik nie.

Spreekwoord:
• Jy kan 'n speld hoor val. [Dit was baie stil.]
• Iemand iets op die mou speld. [Iemand iets wysmaak.]
• Hy het soos 'n groot speld verdwyn. [Ongemerk weggeraak.]
• Sy soek na 'n 'speld in 'n hooimied. [Dit sal nooit gekry word nie.]

Afgelei:
• haakspeld
• haarspeld
• speldekop
• speldekussing

Vertaling:
Engels: pin
Nederlands: speld


Werkwoord: speld
Verlede tyd: het gespeld

Betekenis:
• Met 'n speld vassteek.

Gebruik:
• Sy speld die patroon op die materiaal vas.

Afgelei:
• vasspeld

Vertaling:
Engels: to pin, fasten
Nederlands: speld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: galery
Volgende onderwerp: buitenshuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 13:01:05 UTC 2025