aanwysing [boodskap #132340] |
Fri, 24 July 2020 13:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanwysing
Afbreking: aan•wy•sing
Selfstandige naamwoord: aanwysing
Meervoud: aanwysings
Verkleinwoord: aanwysinkie
Meervoud van verkleining: aanwysinkies
Betekenis:
• Die ligging van iets aandui; uitkenning; identifikasie.
• Iemand in 'n posisie bevestig; benoeming.
• Voorskrif of inligting oor hoe om iets te gebruik; instruksies; resep.
Gebruik:
• Die aanwysing van water is 'n verlore kuns.
• Sy aanwysing as skoolhoof het die wenkbroue laat lig.
• Lees die aanwysings voor jy die rekenaar bou.
Afgelei:
• aanwysingsbord
Afkorting:
• aanw.
Vertaling:
Engels: direction, indication; appointment; instruction, hint, clue
Nederlands: aanwijzing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|