gebaker [boodskap #132335] |
Fri, 24 July 2020 07:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21011 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gebaker
Afbreking: ge•ba•ker
Byvoeglike naamwoord: gebaker, gebakerd
Attributief: gebakerde
Betekenis:
• Stewig in doeke ingewikkel, soos 'n babatjie na geboorte. Ook figuurlik, geanker.
Gebruik:
• Volgens oorlewering sou die manier waarop 'n baba gebaker is sy persoonlikheid bepaal.
Spreekwoord:
• Hy is kort/heet gebaker. [Opvlieënd van geaardheid.]
Verwant:
• bakermat
Vertaling:
Engels: swaddled
Nederlands: gebakerd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|