rant [boodskap #132334] |
Fri, 24 July 2020 06:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rant
Afbreking: rant
Selfstandige naamwoord: rant
Meervoud: rante
Verkleinwoord: rantjie
Meervoud van verkleining: rantjies
Betekenis:
• 'n Lae berg; klipperige hoogte; lang smal verhoging of reeks heuwels.
Gebruik:
• Die Filistyne het teen die een rant gestaan, en die Israeliete teen die ander, met 'n smal vallei tussen hulle. [1 Samuel 17:3]
Sinoniem:
• bergie
• heuwel
• koppie
Homofoon:
• rand (buitekantste omtrek van 'n voorwerp; ook 'n muntstuk)
Vertaling:
Engels: ridge, hill
Nederlands: heuvelkam, heuvelrug
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|