Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Zoeloe
Zoeloe [boodskap #132323] Thu, 23 July 2020 10:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21011
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Zoeloe
Afbreking: Zoe•loe
Uitspraak: /ˈzulu/, /ˈsulu/


Selfstandige naamwoord: Zoeloe
Meervoud: Zoeloes
Verkleinwoord: Zoeloetjie
Meervoud van verkleining: Zoeloetjies

Betekenis:
• Lid van 'n volk in KwaZoeloe-Natal.

Gebruik:
• Die Zoeloes is die grootste bevolkingsgroep van Suid-Afrika.

Wisselvorm:
• Zulu

Afgelei:
• Zoeloe-koninkryk
• Zoeloe-kultuur
• Zoeloe-nasie
• Zoeloe-tradisie

Vertaling:
Engels: Zulu
Nederlands: Zoeloe, Zulu
Venda: Muzulu
Xhosa: umZulu; isiZulu
Zoeloe: umZulu; isiZulu


Selfstandige naamwoord: Zoeloe
Meervoud:

Betekenis:
• Die Nguni-taal wat deur die mense gepraat word, 'n ampstaal van Suid-Afrika.

Gebruik:
• Volgens sensus van 2011 word Zoeloe deur sowat 11,6 miljoen mense as moedertaal gepraat.

Vertaling:
Engels: Zulu
Nederlands: Zoeloe, Zulu
Noord-Sotho: Sezulu
Suid-Sotho: Sezolo
Tswana: Sezolo
Venda: Luzulu, Tshizulu
Xhosa: isiZulu
Zoeloe: isiZulu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: klankwet
Volgende onderwerp: komies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 11:56:49 UTC 2025