Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beproef
beproef [boodskap #132307] Wed, 22 July 2020 14:21
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21010
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
beproef
Afbreking: be•proef


Werkwoord: beproef
Verlede tyd: het beproef

Betekenis:
• Om iets te probeer of te toets; om te evalueer en na te speur.
• Swaar kry of lyding deurmaak.

Gebruik:
Beproef alles, maar behou die goeie.
• Baie mense word in die moeilike tye tot die uiterste beproef.

Sinoniem:
• evalueer
• ondersoek
• probeer
• toets
• waag

Vertaling:
Engels: to try, test
Nederlands: beproeven


Byvoeglike naamwoord: beproef
Vergrotende trap: beproefder
Oortreffende trap: beproefdste
Attributief: beproefde

Betekenis:
• Tot die uiterste getoets.

Gebruik:
• Hierdie resep is oor en oor beproef.

Afgelei:
• beproefdes
• beproefdheid
• beproewend
• beproewing

Vertaling:
Engels: tried
Nederlands: beproeven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pleonasties
Volgende onderwerp: ribonukleïensuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 11:41:18 UTC 2025