plaag [boodskap #132289] |
Mon, 20 July 2020 16:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plaag
Afbreking: plaag
Selfstandige naamwoord: plaag
Meervoud: plae
Verkleinwoord: plagie
Meervoud van verkleining: plagies
Betekenis:
• Oorlas of bedreiging deur organismes soos insekte, bakterieë, knaagdiere, ens.
Gebruik:
• Na die tiende plaag het Farao uiteindelik ingestem om die Israeliete te laat trek in die woestyn in.
Sinoniem:
• besmetting
• onheil
• oorlas
• pes
• pestilensie
Afgelei:
• insekplaag
• muisplaag
• plaagbeheer
• plaagbestryding
• rotplaag
• sprinkaanplaag
Hiponiem:
• epidemie
• pandemie
Vertaling:
Engels: plague, nuisance, vexation
Nederlands: plaag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|