ydellik [boodskap #132279] |
Sun, 19 July 2020 20:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21012 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ydellik
Afbreking: y•del•lik
Samestelling: ydel + -lik
Byvoeglike naamwoord: ydellik
Vergrotende trap: ydellikker
Oortreffende trap: ydellikste
Attributief: ydellike
Betekenis:
• Ligsinnig en sonder die nodige eerbied en respek.
Gebruik:
• Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie. [Eksodus 20:7]
Sinoniem:
• ligsinnig
Spelfout:
• ydelik
Vertaling:
Engels: in vain
Nederlands: ijdellijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|