middelvinger [boodskap #132269] |
Sun, 19 July 2020 12:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
middelvinger
Afbreking: mid•del•vin•ger
Samestelling: middel + vinger
Selfstandige naamwoord: middelvinger
Meervoud: middelvingers
Verkleinwoord: middelvingertjie
Meervoud van verkleining: middelvingertjies
Betekenis:
• Die derde en langste vinger, wat tussen die wysvinger en die ringvinger lê.
Gebruik:
• 'n El strek vanaf die elmboog tot by die punt van die middelvinger.
Sinoniem:
• Langeraat
Vertaling:
Engels: middle finger
Nederlands: middelvinger
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|