Leksikograaf Boodskappe: 24357 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Internasionale Ruimtestasie.ruimtevaart
Afbreking: ruim•te•vaart
Samestelling: ruimte + vaart
Selfstandige naamwoord: ruimtevaart
Meervoud: –
Betekenis:
• Die vervoer van mense en goedere ruimte buite die aarde se atmosfeer.
Gebruik:
• Voorbeelde van bemande ruimtevaart sluit in: die Amerikaanse Apollo-maanlanding, die Russiese Sojoes-program, sowel as die Internasionale Ruimtestasie.
Afkorting:
• ruimtev.
Verwant:
• ruimtevaarder
• ruimtevaartuig
Vertaling:
Engels: space travel, spacefaring
Nederlands: ruimtevaart
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.