Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » broederskap
broederskap [boodskap #132261] Sun, 19 July 2020 09:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21012
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
broederskap
Afbreking: broe•der•skap
Uitspraak: /ˈbrudərskɑp/


Selfstandige naamwoord: broederskap
Meervoud: broederskappe
Verkleinwoord: broederskappie
Meervoud van verkleining: broederskappies

Betekenis:
• 'n Vriendskaplike betrekking, soos tussen broers.
• 'n Organisasie of vereniging van broeders met 'n gemeenskaplike doel.

Gebruik:
• Ons behoort in die gees van broederskap teenoor mekaar op te tree. Die leuse van die Franse Rewolusie was "Vryheid, gelykheid en broederskap".
• Die Vrymesselaars het na bewering begin as 'n broederskap van klipmesselaars wat aan die tempel van Salomo gewerk het.

Sinoniem:
• broerskap
• fraterniteit
• kameraderie

Vertaling:
Engels: brotherhood, fraternity, brotherliness
Nederlands: broederschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bomskuiling
Volgende onderwerp: skuiling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 12:10:24 UTC 2025