| smelt [boodskap #132246] |
Sa., 18 Julie 2020 15:42 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
smelt
Afbreking: smelt
Werkwoord: smelt
Verlede tyd: het gesmelt
Teenwoordige deelwoord: smeltend, smeltende
Verlede deelwoord: gesmelte
Betekenis:
• Om van 'n vastestof na 'n vloeistof te verander.
Gebruik:
• Die oseane se vlakke kan tot een meter styg as die ys op die pole smelt.
Spreekwoord:
• Botter smelt nie in sy mond nie. [Hy hou hom baie onskuldig.]
Antoniem:
• kristalliseer
• stol
• vries
Afgelei:
• smeltbaar
• smeltkroes
• smeltoond
• smeltpunt
• smeltery
Vertaling:
Engels: to melt, liquefy
Nederlands: smelten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|