Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kookpunt
kookpunt [boodskap #132230] Sat, 18 July 2020 11:15
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21011
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die kookpunt van water is nagenoeg 100°C of 373,15 K.
Die kookpunt van water is nagenoeg 100°C of 373,15 K.
kookpunt
Afbreking: kook•punt
Samestelling: kook + punt


Selfstandige naamwoord: kookpunt
Meervoud: kookpunte
Verkleinwoord: kookpuntjie
Meervoud van verkleining: kookpuntjies

Betekenis:
• Temperatuur waarteen 'n vloeibare stof van die vloeistof- na die gastoestand verander.
• (figuurlik) 'n Situasie waar die gemoedere uitbars.

Gebruik:
• Die element met die laagste kookpunt is helium, terwyl renium en wolfram se kookpunte 5000 K oorskry.
• Parlementslede het mekaar met die vuiste bygedam nadat die debat kookpunt bereik het.

Afkorting:
• kp.

Verwant:
• borrelpunt
• smeltpunt

Vertaling:
Engels: boiling point
Nederlands: kookpunt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kersboom
Volgende onderwerp: seebodem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 11:50:34 UTC 2025