haakplek [boodskap #132227] |
Sat, 18 July 2020 10:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21010 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
haakplek
Afbreking: haak•plek
Samestelling: haak + plek
Selfstandige naamwoord: haakplek
Meervoud: haakplekke
Verkleinwoord: haakplekkie
Meervoud van verkleining: haakplekkies
Betekenis:
• Omstandighede waarin probleme of moeilikheid ontstaan.
• Plek waar iets gehaak is/word.
Gebruik:
• Ons is amper gereed, maar moet nog net 'n paar haakplekke uitstryk.
• Jy het 'n haakplek aan jou kous.
Vertaling:
Engels: hitch, difficulty, snag
Nederlands: kink, plooi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|