Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kapitaal
kapitaal [boodskap #132212] Vr, 17 Julie 2020 16:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19158
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kapitaal
Afbreking: ka•pi•taal


Selfstandige naamwoord: kapitaal
Meervoud: kapitale
Verkleinwoord: kapitaaltjie
Meervoud van verkleining: kapitaaltjies

Betekenis:
• 'n Groot som geld; bedrag wat iemand besit en waarop rente verdien word.
• Bedrag geld wat vir 'n onderneming of saak benodig word.
• Nie-geldelike bates (soos menslike of kulturele kapitaal).

Gebruik:
• Die privaat besit van kapitaal het 'n belangrike invloed op die manier waarop hulpbronne in 'n vryemarkekonomie toegewys en aangewend word.
• Hoeveel kapitaal benodig ons om die onderneming van die grond af te kry?
• As 'n mens dink dit is duur om kulturele kapitaal te versorg, probeer dan kulturele droogte.

Afgelei:
• kapitaalaanwas
• kapitaalarm
• kapitaalbate
• kapitaalbehoefte
• kapitaalbelasting
• kapitaalbelegging
• kapitaalgebrek
• kapitaalgroei
• kapitaalinset
• kultuurkapitaal
• langtermynkapitaal
• risikokapitaal

Vertaling:
Engels: capital; fortune
Nederlands: kapitaal


Byvoeglike naamwoord: kapitaal
Attributief: kapitale

Betekenis:
• Betreffende geld en besittings.

Gebruik:
• 'n Aansienlike kapitale uitleg word benodig om besighede wat werksgeleenthede skep op die been te bring.

Vertaling:
Engels: capital
Nederlands: kapitaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kalander
Volgende onderwerp: paneelkissie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 20:38:13 MGT 2024