eentonig [boodskap #132208] |
Fri, 17 July 2020 13:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eentonig
Afbreking: een•to•nig
Byvoeglike naamwoord: eentonig
Vergrotende trap: eentoniger
Oortreffende trap: eentonigste
Attributief: eentonige
Partitief: eentonigs
Betekenis:
• Vervelig en met min afwisseling.
Gebruik:
• Swaar druppels tik eentonig teen die klam vensterruite.
Sinoniem:
• afgesaag
• oninteressant
• saai
• vervelig
Antoniem:
• interessant
Afgelei:
• eentonigheid
Vertaling:
Engels: monotonous, boring, dull
Nederlands: eentonig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|