demoniem [boodskap #132206] |
Fri, 17 July 2020 12:17 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
demoniem
Afbreking: de•mo•niem
Selfstandige naamwoord: demoniem
Meervoud: demonieme
Verkleinwoord: demoniempie
Meervoud van verkleining: demoniempies
Betekenis:
• Die naam van die inwoners van 'n land, stad, provinsie of ander geografiese plekaanduiding.
Gebruik:
• 'n Demoniem word gewoonlik met 'n agtervoegsel gevorm.
• Die woorde Russe, Belge, Parysenaars en Pretorianers is voorbeelde van demonieme.
Sinoniem:
• inwonersnaam
Verwant:
• antoniem
• homofoon
• homoniem
• homograaf
• hiperoniem
• hiponiem
• toponiem
• holoniem
• meroniem
Vertaling:
Engels: demonym
Nederlands: demoniem
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|