vyeboom [boodskap #132201] |
Thu, 16 July 2020 20:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vyeboom
Afbreking: vye•boom
Samestelling: vye + boom
Selfstandige naamwoord: vyeboom
Meervoud: vyebome
Verkleinwoord: vyeboompie
Meervoud van verkleining: vyeboompies
Betekenis:
• 'n Tropiese boom, Ficus carica, uit die moerbeifamilie (Moraceae).
Gebruik:
• 'n Vyeboom se blomme groei in werklikheid aan die binnewand van die vy.
Spreekwoord:
• Moenie bobbejaan oppasser van die vyeboom maak nie. ['n Skelm persoon in 'n verantwoordelike pos aanstel nie.]
Vertaling:
Engels: fig tree
Nederlands: vijgenboom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|