prieel [boodskap #132198] |
Thu, 16 July 2020 19:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
prieel
Afbreking: pri•eel
Selfstandige naamwoord: prieel
Meervoud: priële
Verkleinwoord: prieeltjie
Meervoud van verkleining: prieeltjies
Betekenis:
• 'n Konstruksie waarteen rankplante kan oprank en oordak kan groei.
Gebruik:
• Die huis het 'n breë stoep en 'n prieel wat 'n onbelemmerde uitsig oor die see bied.
Wisselvorm:
• prinjeel
Sinoniem:
• pergola
Afgelei:
• druiweprieel
• kanferfoelieprieel
Vertaling:
Engels: pergola, covered walk
Nederlands: prieel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|