Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vroetel
vroetel [boodskap #132197] Thu, 16 July 2020 14:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vroetel
Afbreking: vroe•tel


Werkwoord: vroetel
Verlede tyd: het gevroetel
Teenwoordige deelwoord: vroetelende

Betekenis:
• Om die hande en vingers onrustig en soekend (soms sonder doel) te beweeg.
• Om te vry of liefde te maak.

Gebruik:
• Sit stil en moenie so vroetel nie!
• Hulle vroetel in die donker.

Sinoniem:
• friemel
• karring
• kriewel
• rondtas
• torring
• woel
• wriemel

Afgelei:
• losvroetel
• uitvroetel
• vroeteltol
• vroetelkous
• vroetelmammie
• vroetelpappie
• vroetelvarkie

Vertaling:
Engels: to fidget, wriggle
Nederlands: wroeten, friemelen, woelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: diefwering
Volgende onderwerp: prieel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 10:21:33 UTC 2025