takties [boodskap #132190] |
Thu, 16 July 2020 12:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
takties
Afbreking: tak•ties
Byvoeglike naamwoord: takties
Attributief: taktiese
Betekenis:
• Volgens 'n plan ter bereiking van 'n doel; met beleid en oorleg.
• (chemie) Wat die rangskikking van die sygroepe van 'n polimeerketting betref.
Gebruik:
• Takties gesproke was sy bevordering 'n flater wat die maatskappy baie gaan kos.
• Polistireen is 'n taktiese polimeer en sy eienskappe kan baie verskil indien die sygroepe anders gerangskik is.
Antoniem:
• atakties
• ontakties
Hiponiem:
• isotakties
• sindiotakties
Afgelei:
• taktisiteit
Vertaling:
Engels: tactic
Nederlands: tactisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|