Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stempel
stempel [boodskap #132189] Thu, 16 July 2020 11:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Stempels.
Stempels.
'n Stempel en meeldrade van 'n blom.
'n Stempel en meeldrade van 'n blom.
stempel
Afbreking: stem•pel


Selfstandige naamwoord: stempel
Meervoud: stempels
Verkleinwoord: stempeltjie
Meervoud van verkleining: stempeltjies

Betekenis:
• Voorwerp met ingesnede merktekens wat gebruik word om indrukke of afdrukke te maak.
• Die afdruk of indruk van so 'n voorwerp.
• (plantkunde) Die deel van 'n blom wat stuifmeel opvang.

Gebruik:
• In die verre verlede het gesaghebbendes 'n stempel gebruik wat op sagte was of op klei gedruk is.
• Maak seker jou stembrief het 'n stempel op.
• Die stempel is dikwels taai en aangepas om die stuifmeel op te vang en te behou.

Spreekwoord:
• Jou stempel om iemand afdruk. [Iemand sterk beïnvloed.]
• Hy is iemand van die ware stempel. ['n Karaktervaste persoon.]

Vertaling:
Engels: stamp; seal; stigma
Nederlands: stempel


Werkwoord: stempel
Verlede tyd: het gestempel

Betekenis:
• Van 'n sigbare indruk voorsien; tjap.

Gebruik:
• Sy stempel die briewe.

Vertaling:
Engels: to stamp
Nederlands: stempelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spoedig
Volgende onderwerp: takties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 10:35:39 UTC 2025