spoedig [boodskap #132188] |
Thu, 16 July 2020 11:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spoedig
Afbreking: spoe•dig
Byvoeglike naamwoord: spoedig
Vergrotende trap: spoediger
Oortreffende trap: spoedigste
Attributief: spoedige
Partitief: spoedigs
Betekenis:
• Met spoed; so vinnig as moontlik; sonder versuim; snel.
Gebruik:
• Ons wens hom 'n spoedige herstel toe.
Vertaling:
Engels: speedy, fast, quick, early
Nederlands: spoedig
Bywoord: spoedig
Betekenis:
• Binne 'n kort tydsbestek; gou; haastig.
Gebruik:
• U bestelling sal so spoedig moontlik afgelewer word.
Vertaling:
Engels: soon, shortly, quickly, speedily
Nederlands: spoedig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|