vryhandelsooreenkoms [boodskap #132179] |
Thu, 16 July 2020 07:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vryhandelsooreenkoms
Afbreking: vry•han•dels•oor•een•koms
Samestelling: vryhandel + -s- + ooreenkoms
Selfstandige naamwoord: vryhandelsooreenkoms
Meervoud: vryhandelsooreenkomste
Betekenis:
• 'n Verdrag waarin twee (groepe) lande ooreenkom aan watter eise handel tussen hulle moet voldoen.
Gebruik:
• Samesprekings vir ’n vryhandelsooreenkoms is met die Verenigde State en Kanada begin.
Sinoniem:
• vryhandelsverdrag
Vertaling:
Engels: free trade agreement
Nederlands: vrijhandelsakkoord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|