genot [boodskap #132171] |
Wed, 15 July 2020 17:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
genot
Afbreking: ge•not
Selfstandige naamwoord: genot
Meervoud: genietinge, genietings
Verkleinwoord: genotjie
Meervoud van verkleining: genotjies
Betekenis:
• Die handeling en resultaat van geniet; 'n groot plesier of behae beleef; lekkerkry.
Gebruik:
• Van die paaie wat ek gister gekom het, dink ek vandag met die meeste genot aan die swaar opdraande wat ek uitgesukkel het, en met die minste genot aan die maklike afdraande wat ek afgerol het. [C.J. Langenhoven]
Sinoniem:
• behae
• genoegdoening
• lekkerte
• vreugde
• heerlikheid
Hiponiem:
• sielsgenot
• sinsgenot
• werksgenot
Afgelei:
• genotvol
Vertaling:
Engels: delight, pleasure, enjoyment
Nederlands: genot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|