Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gesellig
gesellig [boodskap #132166] Tue, 14 July 2020 18:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesellig
Afbreking: ge•sel•lig


Byvoeglike naamwoord: gesellig
Vergrotende trap: geselliger
Oortreffende trap: geselligste
Attributief: gesellige
Partitief: geselligs

Betekenis:
• Graag met ander omgaan; van gesels nou; sosiaal aangenaam.
• Waar mense lekker kan kuier en gesels; knus en onderhoudend; warm en gerieflik.

Gebruik:
• Hy het 'n gesellige en vriendelike persoonlikheid.
• Die kaggel skep 'n gesellige atmosfeer.

Afgelei:
• geselligheid

Vertaling:
Engels: sociable, convivial, cosy, snug
Nederlands: gezellig


Bywoord: gesellig

Betekenis:
• Op 'n vriendelike en opgewekte manier; vertroulik en gemoedelik.

Gebruik:
• Ons het gesellig om die kampvuur gekuier.

Vertaling:
Engels: sociable, cosy
Nederlands: gezellig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rugpyn
Volgende onderwerp: seester
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 10:36:47 UTC 2025