ekskuus [boodskap #132150] |
Tue, 14 July 2020 07:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ekskuus
Afbreking: ek•skuus
Selfstandige naamwoord: ekskuus
Meervoud: ekskuse
Verkleinwoord: ekskusie
Meervoud van verkleining: ekskusies
Betekenis:
• Bied 'n verskoning aan; sê jy is jammer/spyt; verontskuldig jouself.
• Beleefde manier om 'n vraag te begin.
Gebruik:
• Ekskuus, ek het nie bedoel om op jou toon te trap nie!
• Ekskuus, is die sitplek geneem?
Sinoniem:
• jammer
• verskoon my
Wisselvorm:
• 'skuus (informeel)
• askies (sleng)
• askuus (sleng)
• skies (sleng)
• skiesie (sleng)
Verwant:
• ekskuseer (ww.)
Vertaling:
Engels: apology, pardon, excuse me
Nederlands: excuus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|