trompet [boodskap #132145] |
Mon, 13 July 2020 12:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
trompet
Afbreking: trom•pet
Samestelling: trompet
Selfstandige naamwoord: trompet
Meervoud: trompette
Verkleinwoord: trompetjie
Meervoud van verkleining: trompetjies
Betekenis:
• Musiekinstrument met die hoogste register (relatiewe toonhoogte) van die koperblasers.
Gebruik:
• Die voorganger van die trompet was die geboë horing van 'n bees, bok of hert.
Afgelei:
• trompetblaser
• trompetgeklank
• trompetgeluid
• trompetgeskal
• trompetsinjaal
• trompetskulp
• trompetspeler
• trompetter (ww.)
• trompetvormig
Vertaling:
Engels: trumpet
Nederlands: trompet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|