Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » glimwurm
glimwurm [boodskap #132144] Mon, 13 July 2020 11:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Glimwurm.
'n Glimwurm.
glimwurm
Afbreking: glim•wurm
Samestelling: glim + wurm


Selfstandige naamwoord: glimwurm
Meervoud: glimwurms
Verkleinwoord: glimwurmpie
Meervoud van verkleining: glimwurmpies

Betekenis:
• 'n Kewer van die familie Lampyridae (vuurvliegies en glimwurms) wat in die donker gloei.

Gebruik:
• Die volwasse mannetjie van die genus Lampyris lyk baie soos 'n vuurvliegie, maar die volwasse wyfie lyk meer soos die larvale stadium en staan daarom as 'n glimwurm bekend. Ons praat dus van 'n vuurvliegiemannetjie en glimwurmwyfie.

Sinoniem:
• gloeiwurm
• ligwurm

Vertaling:
Engels: glowworm
Nederlands: glimworm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ferm
Volgende onderwerp: trompet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 10:35:35 UTC 2025