mutasie [boodskap #132135] |
Sun, 12 July 2020 16:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mutasie
Afbreking: mu•ta•sie
Uitspraak: /mɨˈtɑːsi/
Selfstandige naamwoord: mutasie
Meervoud: mutasies
Betekenis:
• Proses waardeur 'n blywende verandering in die erflike materiaal van 'n sel aangebring word.
Gebruik:
• 'n Mutasie kan na die nageslag oorgedra word en kan dus 'n blywende verandering in die organisme bewerkstellig.
• Navorsers in Florida het 'n klein maar merkwaardige mutasie in Covid-19 bespeur.
Afgelei:
• mutasieleer
• mutasietempo
• mutasieteorie
Verwant:
• muteer (ww.)
Vertaling:
Engels: mutation
Nederlands: mutatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|