Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » podsending
podsending [boodskap #132120] Sun, 12 July 2020 09:35
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
podsending
Afbreking: pod•sen•ding
Samestelling: pod + sending


Selfstandige naamwoord: podsending
Meervoud: podsendings
Verkleinwoord: podsendinkie
Meervoud van verkleining: podsendinkies

Betekenis:
• 'n Digitale radiouitsending op die internet wat gewoonlik periodies vrygestel word en waarna gebruikers kan luister.

Gebruik:
• Podsendings bied radioamateurs 'n nuwe platform met 'n groter gehoor.

Sinoniem:
• podgooi

Spelfout:
• potsending

Verwant:
• podsend (ww.)
• videosending

Vertaling:
Engels: podcast
Nederlands: podcast

Nota:
• "Podsending" is 'n versmelting van die woord "iPod" (Apple se draagbare mediaspeler) en "uitsending".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: posseël
Volgende onderwerp: podgooi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 08:16:50 UTC 2025