Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » posseël
posseël [boodskap #132119] Sun, 12 July 2020 09:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Kaapse Driehoek is 'n baie ou en skaars posseël.
Die Kaapse Driehoek is 'n baie ou en skaars posseël.
posseël
Afbreking: pos•seël
Samestelling: pos + seël
Uitspraak: /ˈpo(s)siə̯ɫ/


Selfstandige naamwoord: posseël
Meervoud: posseëls
Verkleinwoord: posseëltjie
Meervoud van verkleining: posseëltjies

Betekenis:
• Klein stukkie papier met gom agterop wat op posstukke geplak word om aan te dui dat posgeld betaal is.

Gebruik:
• Die Kaapse Driehoek wat op 1 September 1853 in die Kaapkolonie uitgereik is, is die eerste posseëls van Suid-Afrika sowel as die eerste driehoekseëls ter wêreld.

Vertaling:
Engels: postage stamp, stamp
Nederlands: postzegel, zegel
Venda: tshiṱemmbe
Xhosa: istampu
Zoeloe: isitembu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pasella
Volgende onderwerp: podsending
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 08:28:56 UTC 2025