Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maraton
maraton [boodskap #132115] Sun, 12 July 2020 08:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Atlete wat 'n maraton hardloop.
Atlete wat 'n maraton hardloop.
maraton
Afbreking: ma•ra•ton


Selfstandige naamwoord: maraton
Meervoud: maratons

Betekenis:
(sport) 'n Wedloop oor 'n afstand van 42,2 km (26 myl en 385 treë). 'n Half maraton is 21.1 km.
(figuurlik) 'n Gebeurtenis wat baie tyd, geduld en uithouvermoë verg.

Gebruik:
• Die voltooiing van 'n maraton word gereeld beskou as 'n bomenslike uitdaging, maar verskeie afrigters glo dat dit moontlik is vir enige iemand wat die nodige tyd en moeite insit.
• Die vergadering was 'n maraton wat tot die vroeë oggendure geduur het.

Wisselvorm:
• marathon

Afgelei:
• maratonatleet
• maratonafstand
• maratonvoorbereiding

Vertaling:
Engels: marathon
Nederlands: marathon

Nota:
• Volgens oorlewering het 'n boodskapper 42 km vanaf die stad Marathon tot in Athene gehardloop om nuus van 'n Griekse oorwinning oor die Perse te bring. Ná die tog het hy van uitputting inmekaargestort en gesterf.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: minirok
Volgende onderwerp: nagapie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 08:34:04 UTC 2025