korhaan [boodskap #132101] |
Sat, 11 July 2020 19:14 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
korhaan
Afbreking: kor•haan
Selfstandige naamwoord: korhaan
Meervoud: korhane
Verkleinwoord: korhaantjie
Meervoud van verkleining: korhaantjies
Betekenis:
• 'n Groot, eetbare grondvoël in die familie Otididae met 'n plat kop en drie tone per poot wat goed gekamoefleer is.
Gebruik:
• Korhane is omnivore wat hoofsaaklik in droë, oop gebiede voorkom, 'n skor geluid maak en hulle neste op die grond bou.
Hiponiem:
• bloukorhaan
• boskorhaan
• langbeenkorhaan
• swartvlerkkorhaan
• vaalkorhaan
• witvlerkkorhaan
• witpenskorhaan
• woestynkorhaan
Vertaling:
Engels: korhaan, woodcock, bustard
Nederlands: korhaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|