Leksikograaf Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontplof
Afbreking: ont•plof
Uitspraak: /ontˈplof/
Werkwoord: ontplof
Verlede tyd: het ontplof
Betekenis:
• Met 'n knal uitmekaar bars. Aksie waar die oppervlakte van 'n voorwerp in 'n breukdeel van 'n sekonde uitwaarts vergroot.
• (figuurlik) 'n Emosionele uitbarsting.
Gebruik:
• Gasbottels moet versigtig hanteer word om te keer dat hulle ontplof.
• Die juffrou het ontplof toe die kinders weereens nie hul huiswerk gedoen het nie.