ghaap [boodskap #132080] |
Sat, 11 July 2020 09:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ghaap
Afbreking: ghaap
Selfstandige naamwoord: ghaap
Meervoud: ghaaps, ghaape
Betekenis:
• 'n Blaarlose, eetbare vetplant van die Karoo, Hoodia gordonii, met 'n hongerstillende werking.
Gebruik:
• Ghaap is deur die Khoi en die Boesmans gebruik om hulle eetlus te demp.
Vertaling:
Nederlands: ghaap
Nota:
• Afgelei van Khoi ǁhoba (uitspraak: kǁʰɔbɑ; die eerste klank is 'n laterale kliek).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|