meelblom [boodskap #132057] |
Fri, 10 July 2020 12:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21008 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meelblom
Afbreking: meel•blom
Samestelling: meel + blom
Selfstandige naamwoord: meelblom
Meervoud: –
Betekenis:
• Die fynste soort meel; fyn meel van koring vir fyngebak wat nie veel hoef te rys nie en wat sag en krummelrig moet wees.
Gebruik:
• Melktert, noedels en souse word van meelblom gemaak.
Sinoniem:
• koekmeel
• fynmeel
• witmeel
Vertaling:
Engels: wheat flour
Nederlands: blom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|