Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » toer
toer [boodskap #132054] Fri, 10 July 2020 10:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21008
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
toer
Afbreking: toer


Selfstandige naamwoord: toer
Meervoud: toere
Verkleinwoord: toertjie
Meervoud van verkleining: toertjies

Betekenis:
• 'n Omvattende reis; ekskursie; tog.
• 'n Omwenteling; rotasie.
• 'n Behendige handeling, soos 'n akrobatiese toertjie.

Gebruik:
• Elke toer word spesiaal gemaak deur 'n ervare toerleier.
• 'n Renmotor se enjin kan teen veel hoër toere draai.
• Die hanswors vermaak die kinders met sy toertjies en grappies.

Hiponiem:
• kerktoer
• musiektoer
• rugbytoer
• staptoer

Afgelei:
• toerbus
• toergids
• toergroep
• toeris
• toerisme
• toerleier
• toerlid
• toeroperateur
• toerplan
• toerspan
• toerverslag

Vertaling:
Engels: tour, trip, journey; spin, rotation
Nederlands: toer


Werkwoord: toer
Verlede tyd: het getoer

Betekenis:
• Uitgebreid rondreis.

Gebruik:
• Hy toer al jare lank deur die land.

Vertaling:
Engels: to tour, make a trip
Nederlands: toeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sangeres
Volgende onderwerp: besoeker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 07:33:27 UTC 2025